PRODUCT INFORMATION



HANNES BOSMAN: FARISEŽR TOT VRIEND



Overview:
"FariseŽr tot vriend" is 'n CD wat handel oor 'n pad met die Here oor jare heen. Ek ken die FariseŽr se lewenswyse - ek kom daaruit. God het egter genadiglik moderne FariseŽrs ook lief en wil ook verhouding met hulle aanknoop want Sy Seun het vir hulle ook versoening by die Vader gedoen. Ek besing op gedramatiseerde narratiewe wyse 'n paar prominente Bybelfigure se ontmoetings met God en hoe ek my in hulle skoene sou inleef - van diť van FarsieŽrfiguur; die gebeure tussen Lasarus en die ryk man; en die moontlike belewenis van 'n anonieme lid van die skare wat Jesus se kruisiging aanskou het.

Ek sing oor die praktyk van Christenwees en die appťl wat Jesus tot ons rig om Hom te gehoorsaam as bewys van ons liefde aan Hom soos in Joh. 15 vervat, want God is nie net 'n genadige God nie, maar ook 'n heilige God wat wil hÍ ons moet doen wat Hy sÍ. Wettiesheid en Skrifgehoorsaamheid moenie met mekaar verwar word nie. Ek sing oor wat liefde in praktyk beteken; die smag na meer as net 'n "vergeefde" verhouding met God maar ook 'n Geesvervulde verhouding met Hom; dankbaarheidsliedere oor Jesus se kruisoffer; en God se soewereiniteit in alles. Ek poog om die luisteraar uit te bring by die plek waar Jesus ons graag wil bevriend soos met Sy dissipels van ouds.

Styl is kontemporÍr en hoofsaaklik akoesties gedrewe, en lirieke is volgepak. Die bekende Stass van Onbeskaamd is die produksieregisseur en het style afgewissel om interessantheid te behou. Van rustige klavier en akoestiese ballades tot wilde rock! Ook 'n Keltiese geur ter afsluiting. Die CD se uitgangspunt is nie om te vermaak nie, maar om te bedien.
 
Radio:

 
Marketing:
∑ Full CD to be serviced to key radio
∑ Reviews solicited in major Christian/crossover magazines
∑ Info & write-up to Christian magazines for possible features
 
Consumer insight:
Release date: 3 February 2015
Stock code: MARD595
Barcode: 6002471011749
RRP: R95.90
Format: CD
Genre: Afrikaans kontemporÍr
Status: Available

Track Listing:
FariseŽr
Tempels
Die Liefde
Lasarus
U Woord
Die Middelste Kruis
Vir My
Soewerein
Sigbaar
Prys Ons God
Ek Bring My Hele Wese
Vriend

      



ABOUT        CONTACT        INFO        SUBMISSIONS        PRIVACY POLICY        TERMS & CONDITIONS        PAIA        LEGAL        HELP       

This site was tested and looks best in the latest versions of Mozilla Firefox, Google Chrome, Opera, and Safari.

Copyright © 2014 Maranatha Record Company. All Rights Reserved. Design & development by Treebeard & Co.